Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
"Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #33543] Sat, 19 August 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

TYD EN DIE KLEIN KAROO
Ferdi Greyling

Ek het die son ge-eet
wat groen druppels
aan die wingerd hang.

Blou vibreer die land
tot teen die berge
wat in die noorde klop.

Die huise hier
is baksteenskepe
wat dobber op dae.

Snags bo die veld
kolk die sterre
strome in die tyd.

Anderkant, by Calitzdorp,
het tyd lank reeds sy groen gety
deur die bruin grond gedruk.
Vorige onderwerp: "Elegie" deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: Uit "Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 03:02:50 UTC 2025